Copyright © 2010  Designed and Maintained by: Garden Route Web Projects cc

Tuisblad Biografie "Ietsie uit my lewe" Fan Page Belangrike Datums Kontak My
Tuisblad...
Opkomende Events
Photoshoots
FEBRUARIE

3DE: SHOVELS (MY LOCAL KUIERPLEKKIE)

9DE & 10DE :  KURUMAN

11DE : POSTMASBURG

17DE : ELLISRAS MIKES

18DE : ELLISRAS FUNDRAISER MET BOBBY EN KARLIEN V JAARSVELD

24 & 25 STE : GARIEPDAM KWENAFEES

28 STE : PRIVAAT FUNKSIEaSKARI LODGE
Die publiek het vir Karen leer ken as die sprankelende voormalige Idols-vasbyter en Zing!-duetwenner. Karen Ferreira tréf met ‘n moderne album, met ‘n aantal eie komposisies!
Sy is veelsydig en haar genre is geskik vir enige geleentheid – troues, feeste, privaatfunksies en besige kuierplekke.

Die KKNK en haar energieke debuutalbum Altyd Joune (met die gewilde musiekvideo Kosie, saam met Robbie Wessels) in 2005, het Karen Ferreira se talent en gewildheid bevestig.

Sy is veral trots daarop toe sy gevra is om die voorprogram vir die internasionale popgroep Westlife te doen tydens hul onlangse SA toer.

Op haar tweede album, Dans Met My, stel sy haar vaardigheid as sangeres én liedjieskrywer blink ten toon. Sy het met haar nuutste liedjie,
Ek wil by jou wees ‘n sama-nominasie losgeslaan. Karen was betrokke by die skryfproses – van liriek tot melodie - van sewe van die liedjies op die album. Lees meer...
Besprekings: HELEEN FERREIRA 082 390 2683  
                karen@karenf.co.za